No open-access location is known for this record yet.
No open-access location is known for this record yet.
Die praktiese probleme en oorwegings rondom die implementeerbaar-heid van die allesinsluitende taalbeleid in Suid-Afrika noodsaak die soeke na ′n oplossing in die harmonisering van Nguni- en Sotho-tale. Harmonisering kan die amptelike tale in Suid-Afrika van elf na ses verminder. Met so ′n benadering moet mense se houdings teenoor harmonisering egter aangespreek word. In hierdie artikel word drie houdings bespreek: inherente weerstand teen verandering, nasionalisme en puritanisme. Die Suid-Afrikaanse situasie word teen ′n breer agter-grond van weerstand in die VSA teen Amerikaanse Engels, en Afrikaans in Suid-Afrika geanaliseer. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat gunstige ontwikkelinge op grondvlak uiteindelik harmonisering moontlik maak. Die mening word uitgespreek dat sulke gunstige ontwikkelinge inderdaad besig is om in Suid-Afrika plaas te vind.
Loading…
Stored only when both papers are in the corpus — 14 citations exist upstream.
Papers that cite the same references — the relational fallback while embeddings are still backfilling.
Imported from OpenAlex (CC0) — nothing here is generated.