No open-access location is known for this record yet.
No open-access location is known for this record yet.
Hierdie artikel stel ondersoek in na sommige van die pogings wat in die afgelope paar dekades aangewend is om die gewoonteregtelike howe van Botswana te moderniseer. Daar kan aangevoer word dat hierdie pogings gekenmerk was deur 'n proses van kreatiewe aanpassing by verandering. Dit het daartoe gelei dat die tweeledige stelsel van gewoonteregtelike- en statutere howe geintegreer is tot 'n juridiese stelsel wat uit 'n enkele struktuur bestaan, en het gelei tot die skepping van statutere gewoonteregtelike howe. Dit is nou duidelik dat vir die tradisionele stelsel van geregtigheid wat deur gewoonteregtelike howe uitgeoefen word om voortdurend lewensvatbaar en relevant te kan bly, daar gereelde aanpassings sal moet plaasvind om by die vinnig veranderende ekonomiese en sosiale omstandighede van vandag te kan byhou. Ten spyte van hierdie veranderinge, word daar aangevoer dat nog meer radikale veranderinge nodig is. Daar is daarom die behoefte om te beweeg na 'n vorm van professionalisme wat 'n stewige basis kan bied vir die stelselmatige en progressiewe ontwikkeling van die Gewoontereg deur geregtelike presedente. Dit is moontlik die beste manier om die inherente buigsaamheid en aanpasbaarheid van die tradisionele reg te kan volhou en die risiko om in kompeterende regskulture opgeneem te word, teen te werk.
Loading…
Imported from OpenAlex (CC0) — nothing here is generated.