No open-access location is known for this record yet.
No open-access location is known for this record yet.
Hierdie studie het as teoretiese uitgangspunt die leksi kaal- interpretatiewe model van generati ewe grammatika, gepostuleer in Bresnan (1978). Binne die kader van hierdie teorie word 'n analise gegee van enkele semantiese relasies, in die besonder die aktief-passiefrelasie, in 'n aantal Xhosa-sinstrukture. Daar sal aangetoon word dat die voorgestelde analises vir die aktief-passiefrelasie soos geformuleer in Bresnan (1978) en Hoekstra en Moortgat (1979) ook van toepassing is vir bepaalde passiefkonstruksies in Xhosa. Dit blyk egter voorts dat die genoemde analises uitgebrei moet word ten einde die semantiese relasies in bepaalde ander passiefstrukture van Xhosa te verantwoord. Die passief-strukture wat in hierdie verband besonderlik ter sprake kom, is passiefsinne met die eksistensiële ku as sintaktiese subjek, en die passiewe van dubbeloorganklike werkwoorde. Die fundamentele vraag wat van belang is in hierdie ondersoek kan as volg geformuleer word: Hoe is die logiese argumentstruktuur van 'n werkwoord in relasie met die verskillende sintaktiese kontekste waarin dit kan verskyn? As oplossing vir hierdie vraag, word binne diè raamwerk van die leksi kaal-interpretatiewe model leksi kale funksionele structure gepostuleer, wat 'n direkte aftekening voorsien tussen die logiese argumentstruktuur van 'n werkwoord en die verskillende sintak-tiese kontekste waarin dit kan verskyn. Sodoende kan die relasies tussen die funksionele struktuur van 'n werkwoord en die verskillende sintaktiese kontekste daarvan, as bewerkings op die logiese argumentstruktuur van die werkwoord uitgedruk word. Dit is dus moontlik om in terme van die leksi kale funksionele strukture, informasie aangaande die semantiese relasies in 'n sin direk vanaf die oppervlakstruktuur af te lei.
Loading…
Stored only when both papers are in the corpus — 20 citations exist upstream.
Papers that cite the same references — the relational fallback while embeddings are still backfilling.
Imported from OpenAlex (CC0) — nothing here is generated.