No open-access location is known for this record yet.
No open-access location is known for this record yet.
'n Paar ontwikkelings van die laaste paar jaar—soos die wetlike vasstelling van Afrikaans as voertaal aan die Universiteit van Stellenbosch en die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoëer Onderwys --vestig die aandag weer op die voertaalvraagstuk aan Suid-Afrikaanse universiteite. Hierdie vraagstuk bestaan reeds baie jare. Die universiteitstaal was aanvanklik Engels, en dis eers na die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika dat Afrikaans 'n plek in die tersiêere onderrig gekry het. In hierdie artikel word ingegaan op die proses van taaldifferensiasie aan die Suid-Afrikaanse universiteite en die aanvaarding van Afrikaans as een van die voertale aan die Universiteit van Stellenbosch, die Transvaalse Universiteitskollege in Pretoria en die Grey-universiteitskollege in Bloemfontein. Verskeie faktore het die snelheid en omvang van die proses bepaal: veral geldelike oorwegings, die taalhouding en taalvermoëe van die studente en taalvaardigheia en gesindheid van die dosente.
Loading…
Stored only when both papers are in the corpus — 8 citations exist upstream.
Imported from OpenAlex (CC0) — nothing here is generated.