No open-access location is known for this record yet.
No open-access location is known for this record yet.
OPSOMMINGInternet verbruikers van kleding-tekstielprodukte het nie die voordeel om die produkte te hanteer of aan te pas nie.Dit beperk hul oordeel oor sekere eienskappe van die produk.Dit kan weer 'n invloed hê op die keuses wat hulle maak, op hul verwagtinge van die produk en uiteindelik hul tevredenheid met die produk wat aangekoop is.Tot dusver is baie min navorsing wat konsentreer op die spesifieke probleme wat deur Internet kledingverbruikers ondervind word, gedoen.Wanneer kledingitems aangekoop word, is waargenome kwaliteit 'n belangrike faktor wat keuses en besluitneming beïnvloed.'n Gids om kwaliteit visueel te beoordeel behoort dus van waarde te wees, veral vir die verbruiker wat sy/ haar aankope op die Internet doen.Die doel van hierdie artikel is om die konsepte verwant aan verbruikersbesluit-neming en koopgedrag in oënskou te neem, soos dit in bestaande modelle gebruik word.Die waarde van 'n gids vir die beoordeling van kwaliteit word ook aangedui.Die stappe wat gebruik is om die konseptuele raamwerk te ontwikkel en die verskillende fases vir die voorgestelde navorsing oor die ontwikkeling en evaluering van 'n gids vir die beoordeling van kwaliteit word bespreek.
Loading…
Stored only when both papers are in the corpus — 17 citations exist upstream.
Papers that cite the same references — the relational fallback while embeddings are still backfilling.
Imported from OpenAlex (CC0) — nothing here is generated.