No open-access location is known for this record yet.
No open-access location is known for this record yet.
Die mees sentrale begrip in tekslinguistiek is sekerlik koherensie. Hierdie artikel doen verslag van 'n poging om 'n gedeeltelike eksplisitering van hierdie begrip te verskafdeur middel van n empiriese en kwantitatiewe ondersoek. Daar is gekonsentreer op die verband tussen verskeie tipes kohesiedigtheid in tekste wat deur studente geskryf is en die koherensie van die tekste (koherensie word hier in terme van 'n holistiese koherensiebepaling wat deur lesers vir elke teks gedoen word, geoperasionaliseer). Slegs verwysing en konjunktiewe kohesie is ondersoek, maar die klassieke raamwerk van Halliday & Hasan (1976) is gewysig om 'n paar nuwe subkategorieëe van hierdie twee hooftipes kohesie in te sluit. Die kohesiekenmerke wat op die doeltreffendste manier die meer koherente van die minder koherente tekste onderskei het, was: (a) hoëe digtheid van direkte verwysing; en (b) hoëe digtheid van diskontinuïtiewe konjunktiewe. Dit wil voorkom asof die semantics gedefinieerde subkategorieëe van kohesie in die soeke na koherensiekorrelate die grootste belofte inhou.
Loading…
Stored only when both papers are in the corpus — 16 citations exist upstream.
Papers that cite the same references — the relational fallback while embeddings are still backfilling.
Imported from OpenAlex (CC0) — nothing here is generated.