No open-access location is known for this record yet.
No open-access location is known for this record yet.
In die volgende referaat word direktiewe in SAE, Zoeloe en Engels as tweede taal van Zoeloesprekers kontrastief ondersoek. 'n Aanvanklike analise volgens die metodologie van die CCSARP projek bring wesenlike verskille in versoekstrategieë tussen SAE en Zoeloe aan die lig. Hierdie verskille kan slegs verklaar word as Brown en Levinson se wilsmodel van beleefdheid verwerp word en direktiewe in Zoeloe binne die sosiale indeksmodel van beleefdheid geplaas word. Daar word aangetoon dat status 'n sentrale role speel in Zoeloe interaksie, en met behulp van videofilms oor rolspeling word tipiese meganismes om status te bevestig in Zoeloe direktiewe aangetoon. Hierdeur sal die beperkinge van die CCSARP projek aangespreek word en sal aangetoon word dat die verskille tussen direktiewe in Zoeloe en SAE gebaseer is op kulturele aan- names wat aanleiding gee tot verskillende opvattings oor direktiewe.
Loading…
Stored only when both papers are in the corpus — 129 citations exist upstream.
Papers that cite the same references — the relational fallback while embeddings are still backfilling.
Imported from OpenAlex (CC0) — nothing here is generated.