No open-access location is known for this record yet.
No open-access location is known for this record yet.
Gedurende die afgelope jare het sosiolinguiste al meer klem geplaas op die waarde van die behoud van die etniese moedertaal ter wille van die voortbestaan van enige subkultuur binne 'n immigranteomgewing. Telugu is een van die Indiese tale wat reeds die afgelope 131 jaar in Suid-Afrika gepraat word. Die Telugu-sprekers (Andhras) is in die minderheid binne die Indiese gemeenskap, wat ook 'n minderheidsgroep in Suid-Afrika is. Die handhawing van die Indiese gemeenskap se taal is met ander woorde vir enige sosiolinguis 'n interessante studie. Hierdie artikel is gegrond op 'n akademiese studie se bevindinge rakende die taal van die Andhras in Durban en die omliggende gebiede. Verskeie sosiolinguiste het generasie as 'n belangrike veranderlike vir die lineere voorspelling van die behoud van moedertaal of moedertaalverskuiwing bespreek. Hierdie artikel is 'n gevallestudie van die Suid-Afrikaanse Andhras-gemeenskap se behoud van hul moedertaal in die lig van Vasikile en Fishman se uitsprake oor generasie. Anders as in die Verenigde State, Kanada of ander Europese lande, waar die derde geslag immigrante reeds volledig geïntegreer is in die gaskultuur en ook die gastaal aangeneem het, behou die Suid-Afrikaanse Andhras steeds hul taal.
Loading…
Stored only when both papers are in the corpus — 7 citations exist upstream.
Papers that cite the same references — the relational fallback while embeddings are still backfilling.
Imported from OpenAlex (CC0) — nothing here is generated.