No open-access location is known for this record yet.
No open-access location is known for this record yet.
Aankooporiëntasie word gedefinieer as 'n verbruiker se aankoopstyl wat spesifieke nadruk plaas op koopspesifieke lewenstyle insluitend aankoopaktiwiteite, belangstellings en opinies.Dit reflekteer 'n beskouing van aankope as 'n komplekse persoonlike, sosiale, ekonomiese en ontspanningsfenomeen. Dit blyk uit die literatuur dat aankooporiëntasie 'n persoonlike dimensie en 'n markgedragdimensie het wat gestalte vind in 'n algemene benadering tot die verkryging van goedere en dienste wat voorkeure t.o.v.inligtingsbronne, die winkel (winkelvoorkeurgedrag) en winkeleienskappe (insluitend winkelbeeld) omvat.Die doel van die studie is om navorsing oor kooporiëntasie van klereverbruikers op te teken en te analiseer.Die keuse van artikels is gebaseer op die volgende kriteria: a) empiriese navorsing oor kooporiëntasie in die algemeen en spesifiek ten opsigte van klere, b) publikasie in 'n professionele tydskrif gedurende die periode 1980 tot 1999.Die inligting wat opgeteken en ontleed is, sluit onder meer die volgende in: outeur(s) en datum; steekproef; metings en responskoers (indien gerapporteer); veranderlikes ondersoek (volgens die meetinstrumente) en die verskillende klere-aankooporiëntasies soos gerapporteer deur die navorsers.Darden (1980:43) se Patronage Model of Consumer Behavior is as die teoretiese vertrekpunt vir die ontleding van die literatuur geneem.Daar is gevind dat veranderlikes wat in samehang met klere-aankooporiëntasies ondersoek is, primêr onder persoonlike eienskappe ressorteer.Navorsers het ook inligtingsbronne as 'n veranderlike by hul ondersoeke ingesluit, sowel as produkeienskappe, winkeleienskappe (waarby winkelbeeld ingesluit is), en winkelvoorkeurgedrag. Dit ondersteun Darden (1980) se model, alhoewel die verwantskappe nie noodwendig empiries getoets is nie.Die klere-aankooporiëntasies wat in die navorsing gerapporteer is, is georden om 'n mate van verfyning te bewerkstellig en 'n klassifikasie daar te stel wat in verdere navorsing gebruik en getoets kan word.Nege kategorieë is in die voorgestelde klassifikasie vervat.Die belangrikste bydrae van hierdie artikel is om 'n oorsig te gee en tendense in navorsing oor klereaankooporiëntasies uit te wys.Veranderlikes wat met klere-aankooporiëntasies verband hou, is geïdentifiseer en kan empiries ondersoek word met Darden (1980) se model as vertrekpunt.Die voorgestelde klassifikasie van klere-aankooporiëntasies bied 'n riglyn vir die opstel van vraelyste met die oog op empiriese verifikasie.
Loading…
Stored only when both papers are in the corpus — 51 citations exist upstream.
Papers that cite the same references — the relational fallback while embeddings are still backfilling.
Imported from OpenAlex (CC0) — nothing here is generated.